Kliek hier om terug te keer na
Riglyne vir ons klerekas lees asb voor aankope
-
SLEGS AANLYN BETALINGS WORD AANVAAR VANAF 19/02/2025.
-
ONS KLEREKAS - WETLIKE VOORWAARDES EN BEPALINGS
-
Beperkings op Aankope: Elke persoon mag slegs 10 items per TRANSAKSIE aankoop. Kliente kan soveel transaksies as wat hul wil maak ons beperk nie die hoeveelheid transaksies nie slegs die items per transaksie.
-
Finaliteit van Aankope: Alle aankope is finaal, en geen terugbetalings sal gegee word nie. Koeriergelde is nie terugbetaalbaar nie, en alle klere word gratis gelewer.
-
Koeriergelde en Bestellings: Geen aankope sal gewaarborg wees indien die koeriergelde vir die bestelling nie dadelik betaal word nie. Indien betaling nie ontvang word nie, sal die gekose klere herwin word, en 'n vervangingsitem (wat nie noodwendig dieselfde grootte, snit of kleur sal wees nie) sal in die plek daarvan gestuur word.
-
LET OP DAT JY ASSEBLIEF DIE REGTE POSKODE MOET GEBRUIK EN JOU NAASTE PUDO LOCKER LYS ONS STUUR UITSLUITLIK LOCKER TO LOCKER OF LOCKER TO KIOSK NA JOU NAASTE COURIER GUY OF PUDO LOCKER. ONS SAL EN KAN NIE AFLEWER BY DIE DEUR NIE.
-
Verkoop van Items: Dit is streng verbode om enige items wat deur Ons Klerkas verkry is, verder te verkoop.
-
Omruiling en Donasies: Jy kan klere omruil deur 20 kg aan klere in te stuur. Vir elke 20 kg wat jy instuur, mag jy 20 nuwe stukke klere aanlyn “aankoop”, mits jy die koeriergelde self betaal. Dit is nie vereis om te doneer om klere te bestel nie; alle individue mag klere bestel, selfs sonder 'n donasie.
-
Wettige Eienaarskap en Vrywarings: Deur jou donasie te maak, erken jy dat jy die wettige eienaar van die klere is en vrywaar KoeBaai Vetnoi (Ons Klerkas) van enige skade, verlies of eise wat mag ontstaan rakende die items.
-
Alle kliënte word aangemoedig om hierdie voorwaardes deeglik deur te lees en dit te aanvaar voordat enige transaksie plaasvind.
-
As iets uit voorraad is sal ons altyd ons beste doen om dit met iets soortgelyk te vervang. Maak asb seker jy kies nie iets wat toon: OUT OF STOCK NIE soms gaan die items in 'n - negatief in dis 'n glitch.
-
GEEN EFT BETALINGS WORD AANVAAR NIE ALLE AANKOPE IS SLEGS FINAAL AS DIT DEUR DIE AANLYN BETALING VAN YOCO GEPROSESSEER IS.
-
GEEN PAKKIES SAL UITGESTUUR OF UITGEHOU WORD INDIEN DIE KOERIER GELD NIE BETAAL IS NIE MET GEEN UITSONDERINGS NIE