top of page

Dis NOU of Nooit! & GRATIS HOOLA!

Sep 16, 2024 - Sep 28, 2024

  • 13 Days
  • 18 Steps

About

GRATIS HOOLA SAAM! *Vergeet van Diëte Vir 10 Dae en Vind Genesing Vir Jou Gees: Herstel Jou Fokus en GRYP JOU LEWE TERUG!* *Kursusbeskrywing:* In hierdie 10-dae kursus ontvang jy die nodige gereedskap om jou gedagtes en gees in lyn te bring met God se doel vir jou lewe. Ons fokus op innerlike genesing, self-motivering en geestelike voorbereiding wat jou sal help om gewig nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik te verloor en af te hou. Dit is 'n reis na 'n meer produktiewe en suksesvolle lewe deur die stel van Goddelike doelwitte en die gebruik van Bybelse beginsels. Elke dag sal jy 'n potgooi ontvang wat jy enige plek en enige tyd kan luister, gevolg deur 'n geskrewe werkstuk wat jou lei deur introspeksie en Bybelstudie. Ons wil hê dat jy op 'n diep vlak met jou identiteit in Christus verbind en jou lewe ontwerp volgens Sy planne. *Skrif vir Oordenking:* "Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie; ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelykmaak." - Spreuke 3:5-6 *Kursusinhoud (Dag 1 tot 10):* 1. Belydenis en Evaluasie van die Verlede 2. Observasie van Waar Jou Identiteit Lê 3. Gekonekteerde Gewoontes wat Jou Begeertes Beïnvloed 4. Oorwinning oor Verskonings 5. Stel Goddelike Doelstellings 6. Maak Skoon! Verklaar Oorlog 7. Egipte vs Beloofde Land: Waar Staan Jy? 8. Bid Spesifiek: Kry Antwoorde 9. Maak 'n Plan: Bou Jou Toekoms 10. Ontwerp Jou Lewe volgens God se Wil Hierdie kursus is volledig digitaal. Jy sal daagliks 'n potgooi (audio boodskap) ontvang en 'n werkstuk wat jou daaglikse oordenking en aksies rig. Daarbenewens kry jy 'n werksboek in PDF-formaat wat jy kan uitdruk en gebruik. Luister eers die potgooi en dan vul jy die antwoorde in. *Na die Aanvangsperiode van 10 Dae:* Ontvang jy 'n sertifikaat van voltooing en 'n afslag koepon vir aansluiting, dan jy sal kan aansoek doen om by Koebaai Vetnoi se volledige eetplan en die res van die 12-maande kursus te ontvang, Dis tyd vir oorwinning Dis NOU OF NOOIT.

You can also join this program via the mobile app. Go to the app

Instructors

Price

R 500,00

Share

bottom of page